Miskito

Miskito

Miskito verander 'n busband tussen Bilwi en Krukira, Nicaragua
Totale bevolking: 150 000-200 000
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Nicaragua Nicaragua
Vlag van Honduras Honduras
Taal: Miskito, Spaans, Miskito Kreoolse Engels
Geloofsoortuiging: Christendom, Animisme
Verwante etniese groepe: Mayangna, Cacaopera, Garifuna, Marone, Afro-Karibbiërs

Die Miskito is Amerikaanse inboorlinge in Sentraal-Amerika. Hulle gebied strek vanaf Kaap Kameroon, Honduras, tot by Rio Grande, Nicaragua. Die meeste Miskito besig die Miskitotaal, ander groepe praat egter Miskito Kreoolse Engels, Spaans, Rama en ander tale. Die Kreoolse Engels het tot stand gekom deur gereelde kontak met die Britte. Baie Miskito is Christene.

Daar is min, indien enige, suiwerbloed Miskito vandag, omdat ontsnapte slawe deur die eeue skuiling by die Miskito gevind het, en so ook onderlangs met mekaar getrou het. Hulle gebied is baie onbereikbaar, en daarom is hulle min geraak deur die Spaanse oorname van die gebied.

Tradisionele Miskito gemeenskappe is hoogs-gestruktureerd, met 'n goed gedefinieerde politieke struktuur. Daar was 'n koning maar hy het nie absolute mag gehad nie. Die mag was verdeel tussen hom, 'n goewerneur, 'n generaal, en teen die 1750's, 'n admiraal. Historiese inligting rakende konings is ietwat obskuur deur die feit dat baie van die konings semi-mitiese figure was, die eerste bevestigde koning, Jeremy I, is eers in 1687 gedateer.

Die sisteem het die Miskito toegelaat om hulle onafhanklikheid te behou regdeur die gesag van Nieu-Spanje en deur die Federale Republiek van Sentraal-Amerika; hulle is egter in 1894 opgeneem in Honduras.

As gevolg van Britse ekonomiese belange in Sentraal-Amerika (veral in Brits-Honduras, nou Belize, kon die Miskito gewere en moderne wapens bekom. Britse ondersteuning het ook Nicaragua laat ontstaan, 'n land wat bedoel is vir die Miskito. Gou daarna het gekombineerde Miskito-Zambo plunderaars begin om Spaanse nedersettings in Honduras aan te val, meestal om Miskito-slawe te red voordat hulle verskeep is na Europa, maar meestal om ander Amer-Indiane gevangene te neem (die Miskitos het hulself vir 'n lang tyd as superieur teenoor ander stamme van die area geag, na wie hulle verwys het as "wild". Van historici beweer dat die Miskitos 'n Britse identiteit nagestreef het, veral omdat Europese kleredrag gewild was onder die Miskito en die Britte het selfs die Miskito konings genoem) om as slawe te verkoop aan die Britte wat gewerk het in Jamaika. Hulle het ook vroue van ander stamme as slawe aangehou. Hierdie plundertogte het aangehou lank nadat die vyandigheid tussen Brittanje en Spanje beëindig is.

As gevolg van die toelating van poligamie en die groot getalle vroulike slawe van die plundertogte, het die Miskito se bevolking baie toegeneem.

Spaanse setlaar het eers begin aankom in Miskitogebiede in 1787, maar die Miskito het aangehou om die area te oorheers as gevolg van hulle groot getalle en die ervare weermag. Die Miskito het nog nooit beheer gevoel deur die regering van Nicaragua nie en baie Miskitos beskou hulself vandag nie as Nicaraguane nie.

In die 1970's en 1980's se pogings tot volksmoord deur die kommunistiese Sandinistaregering het die gedwonge hervestiging van 8 500 Miskitos en die verwoesting van soveel as 100 nedersettings ingesluit, en het die Miskitos forseer, saam met die geallieerde Sumu en Ramastamme, om die MISURASTA te vorm, 'n groep van anti-regeringguerillas wat geallieerd was met die contras.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search